Jobless Developer
Babylonstoren logo

Posted 2 months ago

Open

Wingerdboukundige

Franschhoek, South AfricaRemoteContract

AI Summary

A Winemaking Coordinator plans, implements, and optimises vineyard activities through the production season, managing tasks from planting to harvest and collaborating with production and wine teams to uphold quality and yield.

About this role

Wingerdboukundige

Babylonstoren is 'n toonaangewende landbou- en gasvryheidsonderneming wat verbind is tot uitnemendheid, innovasie en volhoubare produksie. Ons nooi aansoeke van bekwame en ervare kandidate vir die pos van Wingerdboukundige.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die beplanning, implementering en optimalisering van alle wingerdbou-aktiwiteite. Hierdie rol vereis 'n sterk tegniese grondslag, praktiese ervaring en 'n passie vir volhoubare wingerdbou. Die Wingerdboukundige sal nou saamwerk met die produksie- en wynspan om te verseker dat die hoogste standaarde van gehalte en produksie gehandhaaf word.

Sleutelverantwoordelikhede

  • Beplan, koördineer en monitor alle wingerdbou-aktiwiteite deur die produksieseisoen.
  • Bestuur alle fasette van wingerdproduksie, insluitend grondvoorbereiding, aanplantings, besproeiing, voeding, blaardakbestuur, snoei, gewasbeskerming en oes.
  • Monitor wingerdgesondheid, groeiontwikkeling en opbrengspotensiaal deur gereelde veldinspeksies en tegniese evaluasies.
  • Ontwikkel en implementeer produksieprogramme wat gehalte, opbrengs en volhoubaarheid optimaliseer.
  • Ontleed produksiedata en doen aanbevelings om prestasie en doeltreffendheid voortdurend te verbeter.
  • Verseker voldoening aan voedselveiligheid-, gehalte-, gesondheids-, veiligheids- en omgewingsvereistes.
  • Werk nou saam met produksiespanne, tegniese adviseurs en die wynkelder om optimale druifkwaliteit te verseker.
  • Bly op hoogte van nuwe tegnologieë en beste praktyke binne wingerdbou en pas dit toe waar toepaslik.

Minimum vereistes

  • 'n Tersiêre kwalifikasie in Wynbou, Landbou, Hortologie of 'n verwante studierigting.
  • 5–10 jaar ervaring in kommersiële wingerdproduksie of wingerdbou.
  • Grondige kennis van wingerdverbouing, grondbestuur, besproeiing, plantvoeding, gewasbeskerming en oesbeplanning.
  • Ervaring met produksiebeplanning, data-analise en die toepassing van moderne wingerdboutegnieke.
  • Goeie rekenaarvaardigheid en ervaring met relevante landbou- en bestuursinligtingstelsels.
  • 'n Geldige rybewys.

Slegs kandidate wat aan die minimum pos en gelyke indiensneming vereistes voldoen, sal vir 'n onderhoud gekontak word.

Skills

Canopy ManagementCrop ProtectionData AnalysisFertilisationHarvest PlanningIrrigationMicrosoft OfficePruningVineyard ManagementViticulture

Explore related jobs

Browse these categories

Market data for this role

All reports →